
'n Inleidende perspektief tot kurrikulumstudies (e-book)
Die teikenmark van die boek is nie net onderwysstudente nie (hetsy BEd eerste jaar tot BEd-Hons, of studente vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat), maar ook kurrikulumontwikkelaars, onderwysbeplanners, gehalteversekeringsbeamptes en ander belanghebbendes in die Opvoedkunde. Die boek is gebaseer op voorbeelde sodat die teorie nie as abstraksie hanteer word nie, en beter deur die teikengroep begryp kan word. Sodoende word dit sinvol voorgehou aan almal wat op die een of ander wyse betrokke is by Opvoedkunde, en meer spesifiek by die deeldissipline Kurrikulumstudies.
Die inhoud sluit die volgende in:
- Kurrikulumteorie
- Eietydse tendense in kurrikulumstudies
- Kurrikulumontwikkeling op makro-, meso- en mikrovlak
- 'n Voorbeeld van kurrikulumontwikkeling
- Vergelykende kurrikulumstudies
- Kopskuif in leer- en onderrigpraktyke: integrering van digitale tegnologieë
- Onderrig en leer vir 21ste eeu-vaardighede sonder tegnologie
- Assessering in kurrikulumstudies: teoretiese grondslae en praktiese toepassings
- Institusionele navorsing
- Herkurrikulering op tersiëre vlak
- Gehalteversekering
ePub ISBN | 9780627041389 |
Author(s): | Le Hanie C, Bester S |
Variant: | e-book |
Publisher; | Van Schaik Publishers |
Edition: | 1st Edition |
Pages: | 210 |
Published: | 2024 |
We Also Recommend