Menu
Cart 0
'baie worde' : Identiteit en transformasie by Antjie Krog - Elex Academic Bookstore

baie worde' : Identiteit en transformasie by Antjie Krog

  • R 265.00
  • Save R 32


In haar ‘transformasie-trilogie’ bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van ‘ras’ word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na ’n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in ‘baie worde’: Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, ‘ras’, identiteit, ’n Afrika-wêreldbeeld’ en die Suid-Afrikaanse nasie—en maak as sodanig ’n bydrae tot aktuele diskoerse.

We Also Recommend