Menu
Cart 0
Geletterdheid in Die Grondslagfase - Elex Academic Bookstore

Geletterdheid in Die Grondslagfase

  • R 495.00
  • Save R 85


Waarom is Geletterdheid in die Grondslagfase uniek? Die boek behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidverklaring (KABV) van 2011. Die boek bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R. Dit fokus op die onderwyspraktyk en het terselfdertyd 'n sterk navorsingsinslag. 'n Teoretiese agtergrond tot taalontwikkeling en basiese geletterdheid is in hierdie uitgawe ingesluit. Die belangrikheid van moedertaal of huistaal word beklemtoon. Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee. Handskrifonderrig word behandel met voorbeelde uit die praktyk. Assessering word by elke taalvaardigheid bespreek en voorbeelde word gegee. Die teks is krities gelees deur kundiges in die praktyk en die akademiese wereld. 'n CD-Rom met 'n Graad 1 skriftipe is ingesluit. Die CD-Rom is ontwikkel deur Judy van Heerden, 'n dosent in die Departement Vroee Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria. Vir wie is die boek geskryf? Persone wat gemoeid is met die onderrig van Afrikaans as huistaal of addisionele taal in die Grondslagfase. Ouers wat hul kinders tuis onderrig. Dosente en studente in die Grondslagfase. Almal wat basiese en nuwe idees vir die onderrig van Afrikaans soek

We Also Recommend