Menu
Cart 0
Kontraktereg: Algemene Beginsels (2017 - 5de uitgawe)5th Edition

Kontraktereg: Algemene Beginsels (2017 - 5de uitgawe)5th Edition

  • R 916.00
  • Save R 48


Product Details:

Author(s): Van Huyssteen, LF,Lubbe, GF,Reinecke, MFB
Page count: 702
ISBN: 9781485109822
Languages(s): Afrikaans,
Year Published: 2017
Categories: Contract, Law of, Law, Law, Law,
Type: Print

About this publication

Kontraktereg: Algemene Beginsels volg ’n analitiese benadering tot die begrippe, beginsels en reëls wat op kontrakte betrekking het, en plaas terselfdertyd kontrakte en die kontraktereg in ’n breër regswetenskaplike, grondwetlike en sosiale konteks.

Die krag van Kontraktereg: Algemene Beginsels lê in die skrywers se omvattende gesamentlike kennis van die gemeenregtelike beginsels en die filosofiese onderbou van die kontraktereg, sowel as die invloed van die Grondwet as die bron van afdwingbare sosiale waardes en openbare belang. Die resultaat is ’n werk wat ’n grondige uiteensetting en ontleding van die teoretiese grondslag en struktuur van die Suid-Afrikaanse kontraktereg kombineer met ’n bespreking van die howe se toepassing van dié beginsels. Waar die reg nog nie bepaal is nie, word uiteenlopende menings beoordeel en oplossings voorgestel, soms ook met verwysing na buitelandse jurisdiksies.

Die werk besin ook oor die koers wat ingeslaan behoort te word om die kontraktereg in ooreenstemming met grondwetlike norme te ontwikkel. Voorstelle word gemaak oor die rol van goeie trou in die sluiting en uitvoering van kontrakte, synde een van die moontlike grondslae vir die ontwikkeling van die gemenereg.

Hierdie vyfde uitgawe van Kontraktereg: Algemene Beginsels neem kennis van die jongste ontwikkelings in die kontraktereg, veral met betrekking tot die uitwerking van grondwetlike jurisprudensie, goeie trou en nuwe wetgewing oor kontrakte, in die besonder die Wet op Verbruikersbeskerming. Die skrywers bespreek die jongste hofbeslissings om die betrokke regsbeginsels en wetlike bepalings te verduidelik.

Content

  • Die grondslag van kontraktuele gebondenheid
  • Aanbod en aanname
  • Onbehoorlik verkreë wilsooreenstemming
  • Formaliteite
  • Moontlikheid van prestasie
  • Geoorloofdheid
  • Sekerheid
  • Inhoud en werking van ’n kontrak
  • Kontrakbreuk
  • Regsmiddels weens kontrakbreuk
  • Sessie
  • Tenietgaan van verbintenisse
  • Tabel van Wette
  • Lys van Wetgewing

    We Also Recommend