Menu
Cart 0
Voetpad - Stories vir Afrika (Nuwe Uitgawe) (MML Literêr - Kortverhale)

Voetpad - Stories vir Afrika (Nuwe Uitgawe) (MML Literêr - Kortverhale)

  • R 153.00
  • Save R 33


Van verhaal tot verhaal loop jy as leser op 'n voetpad wat op of naby die Suid-Afrikaanse bodem kronkel. Die reis is dikwels vol knikke en verrassende draaie, opdraend en afdraend. Maar dit beloof om 'n staptog te wees vol opwinding, uitdaging en ontdekking. Elke verhaal is ook 'n voetpad op sy eie, wat elke leser op sy of haar unieke manier kan betree en verken. Die hersiene uitgawe van Voetpad: Stories vir Afrika sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in. Heelwat van die ou geliefde en bekende kortverhale is nog daar, maar die nuwe Voetpad trap ook nuwe spore met verhale uit 'n diversiteit van volksgroepe en kulture. Jy hoor stemme van jongmense soos Nontsikelelo Mazwai en Jose Pholo saam met bekende skrywers soos Marita van der Vyver, Jan Spies, Pieter Pieterse, Marlene van Niekerk en Riana Scheepers.

We Also Recommend