Vlam van Dam en die Tamatiesous-Z (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9: Roman) ePUB
Vlam van Dam en die Tamatiesous-Z neem jou saam op ’n opwindende rugbytoer met hoërskoolseuns in ’n skoolkoshuis. Vol humor, spangees en jongmense se geselsies oor meisies, sport en die uitdagings van dopery, bied hierdie storie ’n egte inkiek in vriendskap en jaloesie. Ontmoet Vlam, Mop, Bosaap en Stieks en beleef hul avonture saam. Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die KABV-goedgekeurde gedrukte boek, ontwerp om maklik op rekenaars, skootrekenaars en tablette te lees met aanpasbare skrifgroottes vir ’n optimale leeservaring.