Menu
Cart 0
Via Afrika Wiskundige Geletterdheid Graad 12 Leerderboek (Printed book.)

Via Afrika Wiskundige Geletterdheid Graad 12 Leerderboek (Printed book.)

  • R 297.90
  • Save R 100


Tydens hierdie finale, opwindende jaar in Wiskundige Geletterdheid,
sal jy verby die grense van jou bestaande kennis gaan, en dit wat jy
reeds weet in onbekende kontekste toepas. Dit sal vir jou moontlik
wees om ‘n klomp nuwe situasies te ontleed, vergelyk en tot jou eie
gevolgtrekking te kom. Jy sal jou kennis omtrent grafieke uitbrei.
Jy sal veelvoudige-stap berekeninge doen. Jy sal insig bekom omtrent
die wêreld van finansies wanneer jy van salarisstrokies, IRP5 en bruto
inkomste leer. Hierdie is net ‘n klompie van die nuttige leerareas wat
gedek sal word. Jy sal ook tyd spandeer aan die hersiening van vorige
werk vir jou eksamen, aangesien hierdie boek al die oefeninge bevat
wat jy nodig het om jou beste te lewer. Welkom by hierdie jaar van
ontdekking, van nuwe vaardighede en kennis, en om van die bekende
na die onbekende te gaan – van skool na die wêreld daarbuite.

We Also Recommend