Menu
Cart 0
Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerderboek

Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerderboek

  • R 248.90
  • Save R 51


’n Land word deur verskeie kenmerke bepaal. Een van hierdie
kenmerke is ekonomiese beleid. Jy sal hierdie jaar ontdek hoe
kapitalisme in die Verenigde State en kommunisme in die
Sowjetunie baie verskillende ontwikkelings en probleme in
daardie lande tot gevolg gehad het. Nog ’n bepalende kenmerk is
nasionalisme, wat baie soorte vorme kan aanneem. Jou eie land
is een van baie voorbeelde wat jy gaan verken, waar ’n omstrede
soort nasionalisme tot die stigting van die Republiek van Suid-Afrika
in 1961 gelei het. Alles wat sedertdien ontwikkel het – insluitende die
gevangenisstraf, vrylating en presidentskap van Nelson Mandela – is
’n gevolg van daardie oomblik. Dit is waarom Geskiedenis so ’n nuttige
vak is om te hê. Dit bied jou ’n nuwe waardering vir die wêreld soos jy
dit vandag ken: polities, sosiaal en ekonomies. Die beste manier om
die hede sowel as die toekoms te verstaan, is om die verlede te
verstaan. Hierdie boek sal jou wys waarom dit só is.

We Also Recommend