
Via Afrika Dramatiese Kunste Graad 11 Leerderboek
Via Afrika Dramatiese Kunste is ‘n omvattende reeks wat al die
voorgestelde inhoud vir Dramatiese Kunste dek, en toepaslike
aktiwiteite verskaf om ‘n werklike leergeleentheid te skep.
Die breë en spesifieke Onderwerpe, asook die kennis en
vaardigheidsgebiede wat deur die KABV-dokumente daargestel word, word
volledig in dié reeks gedek. Onderwysers kan steeds keuses maak oor
wat vir hul leerders toepaslik sal wees, en dus verseker dat daar
betrokkenheid tydens die leerproses is.
Die reeks het ‘n sterk Suid-Afrikaanse fokus, maar stel leerders ook
bloot aan ‘n wye reeks Pan-Afrika-, Westerse en Oorsterse dramavorms
wat die wêreld van Dramatiese Kunste gevorm het. Rolprente word ook,
waar toepaslik, verken.
Die bygaande omvattende Onderwysersgids sal onderwysers aanmoedig en
bemagtig om betekenisvolle vordering in die verkryging van kennis en
praktiese vaardighede van Dramatiese Kunste in Grade 10 tot 12 te
fasiliteer, en om die onderrig en aanleer van die vak op innoverende
en toeganklike wyses te implementeer.
We Also Recommend