
Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Novelle: Sweepsoldaat van Sondelani
Eers het Mandla gedink sy broer, Bongi, is reg; hy voel dalk net
kriewelrig omdat die drif altyd donker is. Dalk is die geplas in
die water maar net watervoëls. Tot die aand wat die rooi oë
tussen die riete verskyn . . .
Mandla se pa wil hom nie glo nie en noem hom ’n zinyane
wat blêr-blêr na sy ma toe hardloop. Bongi lag hom uit. Hulle
bokke begin verdwyn, en Simba, Bongi se hond, word vergiftig.
Brandstigting verwoes byna die plaas, en wanneer Mandla se
pa hom opdrag gee om die rietbos aan die brand te steek,
begin dinge erg skeefloop. Die dag na die brand maak Mandla
en Bongi ’n gruwelike ontdekking en om alles te kroon, word
Mandla se pa deur die polisie ondervra oor wildstropery op
die plaas waar Thandi se pa bestuurder is. Sy vriendskap met
Thandi is daarmee heen en niks is reg met die wêreld nie.
Mandla het nog nooit so alleen gevoel nie. Hy weet hy moet
iets doen, maar wat?