
Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7 Novelle: Raider van Manenberg
Ry?” Raider se asem begin jaag. Hy onthou wat Duiwel gesê
het, dat die man sal sorg dat hy honest bly. “Ek mag nie in
vreemde karre klim nie –” begin hy en byt sy tong raak toe hy
met een haal van sy voete af gepluk word.
“Ek maggie in vreemde karre klimmie,” tart die man. “Is daai
wat djille innie skool leer?”
Raider is in die moeilikheid. Diep in die moeilikheid. En hy het
niks eens gedoen nie! Hy was net op die verkeerde plek op die
verkeerde tyd … saam met die verkeerde mense. Mense soos
Gatiep en Duiwel, gangsters wat hom ingesleep het by hulle
planne en drugs op hom geplant het.
Nou sal hy nooit weer vir Sunshine, sy tweede ma, sien nie. Ook
nie vir Bridget nie. Mooi Bridget wat so slim is sy kan lees wat
in sy kop aangaan. Nou is sy lewe oor. Of is dit? Kan hy homself
nog red? Is daar mense wat hom kan help om homself te help?
Lees en vind uit!