Menu
Cart 0
Teen die grein / Against the grain Festschrift vir / for Hein Willemse

Teen die grein / Against the grain Festschrift vir / for Hein Willemse

  • R 360.00


Teen die grein: Festschrift vir Hein Willemse is ’n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van professor Hein Willemse (geb. 1957). Hy is sedert 2000 verbonde aan die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, aanvanklik as hoof van die departement (2000-2009). As navorser, redakteur van Tydskrif vir Letterkunde (2003-2019), samesteller en uitgewer van boeke, rubriekskrywer en mediakenner het Willemse die terrein van die Afrikaanse letterkunde en die diskoers oor Afrikaans op diepgaande wyse verbreed en verryk. Die bydraes in hierdie Festschrift wissel van artikels oor letterkunde- en kultuurstudie, die Afrikaanse letterkunde en Afrikaletterkunde tot Afrikaanse taalgeskiedenis, en die outeurs tree op verskeie wyses in gesprek met Willemse se publikasies. Die bundel bied ’n veelkantige blik op Willemse se merkwaardige lewe en werk.

ISBN: 9780627041037
Publisher: Van Schaik Publishers
Variant: Printed
Author(s): Van Niekerk J, Van Wyk S
Edition: 1st Edition
Pages:
238
Published:  2022



We Also Recommend