Taallandskap - Huldigingsbundel Vir Christo Van Rensburg
In hierdie publikasie sny 'n sewentiental oorsese en plaaslike taalkundiges Afrikaans se spoor op die merktekens deur Christo van Rensburg uitgestip. Hierdie spoor volg die historiese, geografiese en sosiopolitieke kontoere van die Suid-Afrikaanse landskap wat Afrikaans geslyp het tot 'n taal wat hierdie land se ondergrond kan blootle. 'n Verskeidenheid van onderwerpe word aangeraak: die Afrikaanse historiografie, die variasietaalkunde, taalbeplanning, taalpolitiek, asook sinchroniese en diachroniese verkennings.
We Also Recommend