Splinters En Dorings Uit Die Rosestad Se Verlede (Electronic book text)
In Splinters en Dorings uit die Rosestad se Verlede stel Hannes Haasbroek die stad se kostelikhede en treurmares uit die verre verlede te boek. Hierdie ware verhale uit Bloemfontein se verlede word hoofsaaklik gebaseer op inligting uit oorspronklike dokumente in die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en Bloemfonteinse koerante, en aangevul deur bestaande sekondere bronne. Die geskiedkundige fotos is verkry uit die versamelings van die Nasionale Museum, Oliewenhuis-kunsmuseum, Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.
We Also Recommend