Skooluitgawe: Pad na jou hart - 'n rolprentdrama vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familie-onderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n aantal take om tydens sy reis te voltooi.
Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal?
Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad?
Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

We Also Recommend