
Sithanda isiXhosa Boek 1
Sithanda isiXhosa Boek 1 is geskryf vir leerders van Graad 2, 3 of 4 wat vir die eerste keer Xhosa as tweede addisionele (derde) taal begin leer.
“Sithanda isiXhosa” beteken “ons hou van Xhosa”, en dit weerspieël die doel met hierdie boek: om leerders bekend te stel aan en lief te maak vir die taal. Die klem val deurgaans op pret-aktiwiteite wat daarop gemik is om leerders se praat- en luistervaardighede te ontwikkel. Ten spyte van die klem op praat en luister, word daar ook genoegsame voorsiening gemaak vir leerders om neer te skryf wat hulle geleer het. Daar is ook heelwat aktiwiteite wat gemik is op die vaslegging van woordeskat.
We Also Recommend