Sal 'n skilpad op jou piepie? En ander gruwelike en grillerige vrae oor die natuur
EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL! Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!