Menu
Cart 0
ritmes en rites rubrieke vir drumpeltye

ritmes en rites rubrieke vir drumpeltye

  • R 220.00
  • Save R 29


ritmes en rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope
sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in

Vrye Weekblad verskyn het. Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-
Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende

tye. In Jo van Eeden se voorwoord tot die bundel skryf sy dat Cas Wepener drie
primêre uitdagings bemeester. “Hy kry dit reg om die spieël vas te hou sodat jy vir
’n slag goed daarin kan kyk – selfs al is daardie beeld soms tot verwrongendheid
gekraak. Hy gooi die venster wyd oop sodat jy in diep asemteue ook na buite kan
kyk – selfs al woed die ergste storm denkbaar net daar op jou voorstoep. En soms
plaas hy ’n onderwerp onder ’n vergrootglas – selfs al skroei die son later witwarm
presies daar waar die ligstrale en senupunte ontmoet.”

We Also Recommend