Menu
Cart 0
Rewolusie Op Ys - Suid-Afrika Se Vooruitsigte (Paperback)

Rewolusie Op Ys - Suid-Afrika Se Vooruitsigte (Paperback)

  • R 83.00


Hierdie boek is verpligte leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat op soek is na oplossings vir die probleme wat ons demokrasie in die gesig staar. Adam Habib bied ’n oorspronklike analise van die politieke en ekonomiese oorgang in die postapartheidera deur die institusionele beperkinge en die magsbalanse wat ’n rol speel in die Suid-Afrikaanse politieke arena, bloot te lê.

 

Habib pak dilemmas aan soos die dienslewerings- en verantwoordbaarheidskrisis, die skuiwe in ekonomiese beleid, die rol van die burgerlike samelewing en die lewensvatbaarheid van ’n sosiale verdrag, en ondersoek so die faktore wat politieke en beleidsuitkomste beïnvloed. Dit sluit die mag en hefboomkrag van politieke partye, die sakesektor, buitelandse beleggers, vakunies, organisasies in die burgerlike samelewing asook globale mag en instellings in. Hy glo dat individue en instellings met ’n bietjie verbeelding, kan optree téén die grein van ’n gegewe historiese oomblik en die gemeenskap in sy geheel verander.

South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects het in 2013 verskyn. Rewolusie op Ys: Suid-Afrika se Vooruitsigte is ’n verkorte en vertaalde weergawe van die oorspronklike Engelse uitgawe en dien as ’n ideale inleiding vir enigeen wat geïnteresseerd is in Suid-Afrika se vooruitsigte.


We Also Recommend