Plaasdiere van Suid-Afrika
About the book
Plaasdiere van Suid-Afrika is ’n vrolike prenteboek van ’n splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere – groot én klein – wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop.
Jong lesers ontmoet ’n woelige versameling van meer as 60 diere – van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto’s, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase. Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer.
Plaasdiere van Suid-Afrika is gemik op kinders onder sewe, en sal beslis plaaskinders én stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig.