Menu
Cart 0
Piekfyn Afrikaans – ’n Geïntegreerde taalteks Eerste Addisionele Taal Onderwysergids Gr. 9 + CD

Piekfyn Afrikaans – ’n Geïntegreerde taalteks Eerste Addisionele Taal Onderwysergids Gr. 9 + CD

  • R 339.00
  • Save R 43


This Senior Phase Afrikaans First Additional Language Teachers Guide is CAPS Approved and one of many titles available in the PIEKFYN series.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9


Features
  • Piekfyn Afrikaans Graad 7,8 en 9 bevat omvattende, geïntegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is.
  • Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie reeks saamgevat.

    Die Leerderboek bevat prikkelende leestof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
  • Interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel.
  • Taalinhoud word met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
  • Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede.
  • Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland.
  • Afdelings soos Pitkos, In ‘n neutdop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seep glad laat verloop.
  • Jy gaan verder ook:
  • verskeie stories en inligtingstekste lees
  • visuele tekste krities interpreter en verduidelik
  • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies
  • hardoplees en toespraak lewer
  • aandagtig en krities na inligting en stories luister
  • taalstrukture en konvensies deeglik en fouteloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik
  • transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
  • Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar-en eindeeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handbook voorsien- ook toetse en baie hersieningsoefeninge.

    Die Leesboek
  • Is volgens die vereistes vir leesonderrig in Senior Fase ontwikkel.
  • Ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase.
  • Bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer.Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale en mediatekste wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan
  • hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei.
  • Al hierdie lekker leeswerk gaan lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder.
  • En om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
    ✔ Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is
    ✔ Toeligting by moeiliker tekste
    ✔ Woordverklarings vir komplekse woorde
    ✔ Die stappe van die leesproses

    Die onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur:
  • te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind
  • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig
  • ’n bruikbare onderrig, leer en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
  • ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien
  • beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon
  • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite
  • ’n CD waarop aanvullende hulp en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel.

We Also Recommend