Menu
Cart 0
Perspektief en Profiel: 'N Afrikaanse Literatuurgeskiedenis: Deel 3 - Elex Academic Bookstore

PERSPEKTIEF EN PROFIEL - 'N AFRIKAANSE LITERATUURGESKIEDENIS DEEL 3 2/E

  • R 875.00


Die Afrikaanse literatuur het ’n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in ’n boeiende takelwerk verse, in ’n kennis van die aand en deur die oë van ’n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur.

Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers – die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet oplê en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman.

Akademies gesproke is Perspektief en profiel ’n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literêre gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die “profi el” in die boektitel), maar is ook ’n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en ’n kartering van die gebied, vandaar die “perspektief”.

 

ISBN:

9780627031069

Author(s):

Van Coller HP

Variant:

Printed 

Publishers:

Van Schaik Publishers 

Edition:

2nd Edition 

Pages:

1146

Published: 

2016

We Also Recommend