Oorgange en voortgange - 'n huldigingsbundel vir prof. C.H.F. Ohlhoff
Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff, as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak, sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies, in sigself klinkende getuienis van hul vertroue. Die studies wat hier opgeneem is, handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde, die Afrikaanse biografie, Afrikaanse mondelinge oordrag, akademiese geletterdheid, die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en poësie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.
|
ISBN: |
9780627031953 |
|
Author(s): |
Willemse H |
|
Variant: |
Printed |
|
Publishers: |
Van Schaik Publishers |
|
Edition: |
1st Edition |
|
Pages: |
200 |
|
Published: |
2013 |