Menu
Cart 0
Oom Johnny: Grade 7 - 9 - Vrae en Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback)

Oom Johnny: Grade 7 - 9 - Vrae en Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback)

  • R 131.00
  • Save R 20


Barney van der Spuy moet geld in die hande kry, en gou ook. Nie sy nuuskierigheid oor die vreemde gedoentes by die spookhuis langsaan, of muisneste, of die gedurige veglustigheid van Spiere en sy makkers sou sy planne in die wiele durf ry nie. Net ... die tyd was so min. Hoe sou sy groenteverkopery ooit veertigduisend rand oplewer, veral as hy nog boonop verkoopbelasting moet betaal? En dan was daar oom Johnny ... In hierdie besondere jeugverhaal word die hoofkarakter gekonfronteer met geldelike probleme, 'n boelie en sy trawante en 'n geheimsinnige buurman. Sedert 1972 het daar meer as vyftig boeke uit die pen van ID Lamprecht verskyn. Hierdie boeke sluit jeugverhale, spanningsverhale, speurverhale en populere fiksie in. Van sy bekendste boeke is Die koperperd (1993) en die Skip Wessels- en Hugo Storm-reekse. Die universele temas soos menseverhoudings, opofferings en konflik wat in sy stories aangespreek word, is relevant en gepas vir die moderne tiener.