Menu
Cart 0
Norme vir Afrikaans - Moderne Standaardafrikaans 6/u

Norme vir Afrikaans - Moderne Standaardafrikaans 6/u

  • R 745.00


In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid “norme” wat ’n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng “normatief” te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as ’n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel “Moderne Standaardafrikaans”, wat ’n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir ’n nuwe geslag gebruikers

 

ISBN:

 9780627036095

Author(s):

Carstens WAM

Variant:

Printed 

Publishers:

Van Schaik Publishers 

Edition:

5th Edition 

Pages:

552

Published: 

2018