Menu
Cart 0
‘n Soen vir Whitney Opvoedersgids

‘n Soen vir Whitney Opvoedersgids

  • R 395.95


ISBN: 9781920571269
Author(s):
Onne Vegter
Variant:
Printed
Voices in Africa

 

Hierdie Opvoedersgids dien as aanvulling tot die jeugverhaal ‘n Soen vir Whitney, wat deur Voices in Africa uitgegee word. Die verhaal is gerig op leerders van graad 6 tot 10 en die doel daarvan is hoofsaaklik om ’n bydrae te lewer tot die voorkoming van MIV en vigs.

Aangesien die verhaal sterk vir homself spreek, moet leerders aangemoedig word om die boek eers op hulle eie en teen hulle eie tempo deur te lees. Omdat die fokus in die verhaal hoofsaaklik val op portuurgroep-onderrig, behoort dit vir leerders maklik te wees om hulle met die karakters te identifiseer en deur hulle geïnspireer te word. Leerders sal egter ook baat vind by verdere klasbesprekings, aktiwiteite en oefeninge wat kritiese denke en probleemoplos-singsvaardighede aanmoedig. Hierdie Opvoedersgids is juis ontwikkel om u te help in hierdie verband.

‘n Soen vir Whitney kan doeltreffend gebruik word in die Lewensoriënterings- en/of Taal-leerareas. In ooreenstemming met die Hersiene Nasionale Kurrikulum-verklaring, voldoen die boek aan die volgende kritiese en ontwikkelings-uitkomste van Uitkomsgebaseerde Onderwys:

• Dit moedig kritiese denke aan en ook besluitneming veral ten opsigte van waardes. Die ontwikkeling van waardes is een van die boek se sentrale temas en dit word oorgedra deur die uitbeelding van teenoormekaarstaande waardes en gedragspatrone binne die intrige. Leerders sal vind dat hulle deurentyd uitgedaag word om daaroor te besin of hulle met die verskillende karakters in die boek saamstem en ook of hulle hulle kan identifiseer met die karakters en die
opponerende konfliksituasies binne die verhaal.