Menu
Cart 0
Lira_Large print_Handel

Lira_Large print_Handel

  • R 290.00


Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ? ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ? winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiele risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ? vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ? sterwende vrou en ? kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ? waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ? man sy taaibosspies deur ? vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali se: "Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie."