Liewe Lisa
Die agterplat van Kristel Loots se nuutste Romanza som die storielyn baie goed op, maar dit laat na om te noem dat jy plek-plek gaan hardop lag en trane wegvee! Dit noem ook nie fenominale woordvaardigheid en vlymskerp humor van hierdie deurwinterde skrywer nie.
Lisa lyk nie net engelagtig nie, sy is Liewe Lisa, hulpvaardig en akkommoderend. Maar dit is die eienskappe wat sy in haar binnegesprekke aan haarself toedig, soos woedende Lisa, sarkastiese Lisa en hartseer Lisa, wat die leser 'n kykie gee in wié Lisa in wese is.
Hierdie Romanza wyk nogal baie af van die gevestigde patroon van heldin, met of sonder bagasie, wat haar held ontmoet. Lisa is in 'n vreemde, naïewe verhouding betrokke met haar baas en dit gaan voort vir 'n groot gedeelte van die boek. Dit kos harde woorde van Darius Skietekat, om uiteindelik haar oë oop te maak en die eintlike liefde van haar lewe te herken. En terloops, die keuse van hierdie uitsonderlike van vir die held, het die skrywer uitstekend ingespan om eerstens iets van die karakter van die held te illustreer, en later om 'n uiters lagwekkende situasie te skep by die Kersbal. Dit is nou die geleentheid waarheen Lisa en Darius gaan "saam met die motbolwalms" (p. 150)
As jy dus lus het vir 'n Romanza wat lees soos 'n mini-roman met 'n uitgebreide storie of twee rondom die storie, kry gerus vir Liewe Lisa onder oë.