Menu
Cart 0
Lea lief seeskilpaaie(1): Avonture by die akwarium

Lea lief seeskilpaaie(1): Avonture by die akwarium

  • R 95.00


Lea se ma is 'n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat 'n groot konsert hou!

Maar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van 'n siek pikkewyn, 'n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy 'n blink plan ...