
Kwantitatiewe statistiese tegnieke 3/u (e-Pub)
Kwantitatiewe tegnieke vorm die ruggraat van alle statistiese, ekonomiese en bestuursmodelle ingevolge waarvan vooruitskattings gemaak en bestuursbesluite geneem word. Die doel van Kwantitatiewe statistiese tegnieke is om die rol van hierdie tegnieke aan lesers te verduidelik en hulle in staat te stel om dit te bemeester.
Die kwantitatiewe beginsels word eenvoudig uiteengesit en is veral gemik op eerstejaarstudente wat 'n loopbaan in die sakesektor beplan. Die onderwerpe wat behandel word, sluit direk aan by die kwantitatiewe agtergrond wat vir bepaalde beroepe in die sakewêreld vereis word.
Die leerstof word geïllustreer en ondersteun deur gebruik te maak van toepaslike voorbeelde en grafieke. Deurgaans word riglyne gegee vir die doen van berekenings met behulp van rekenaarsagteware. Dit verseker dat die klem van die boek val op die korrekte toepassing en interpretasie van tegnieke, deurdat die leser omslagtige en tydrowende verwerkings kan vermy. Elke tema sluit af met toepaslike oefeninge wat spesifiek daarop gerig is om die leser te help met die bemeestering van die onderwerpe.
ePub ISBN | 9780627028854 |
Author(s): | Swanepoel A, Vivier FL, Millard SM, Ehlers R |
Variant: | Printed |
Publisher: | Van Schaik Publishers |
Edition: | 3rd Editon |
Pages: | 232 |
Published: | 2009 |
We Also Recommend