Menu
Cart 0
KURRIKULUMSTUDIES: ONTWIKKELING, INTERPRETASIE, PLAN & PRAKTYK

KURRIKULUMSTUDIES: ONTWIKKELING, INTERPRETASIE, PLAN & PRAKTYK

  • R 375.00
  • Save R 10


Onderwysers word tans met meer uitdagings gekonfronteer as ooit te vore. Hulle moet die kurrikulum kan interpreteer en implementeer, maar ook die wetgewing, vasgestelde beleid en benaderings tot die ontwikkeling van 'n kurrikulum begryp. Onderwysers moet ook bestaande leerprogramme en hulpmiddels kan ontleed om sodoende onderrig te ontwerp met effektiewe onderrig, leer en assessering as oogpunt. Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk voorsien deeglik begronde, gedetailleerde en praktiese riglyne met verwysing na die KABV ten einde onderwysers te help om effektiewe onderrig- en leerprogramme te ontwikkel.

Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk vernou die gaping tussen kurrikulum as plan, onderrigontwerp en onderwyspraktyk. Die benaderings van Tyler, Stenhouse en Freire dien as 'n teoretiese begronding vir 'n dieper begrip van die onderwyser se rol as interpreteerder van die kurrikulum. Daar word verder na die invloed van kontekstuele aspekte, persoonlike sienings en kennis van die interpretasie van kurrikulums verwys.

Die inhoud omvat onder andere die volgende:

  • Die teoretiese raamwerk van kurrikulumontwikkeling
  • Invloede op die onderwyser se interpretasie van die kurrikulum
  • Kurrikulumontwerp en die invloed van beleidsdokumente op interpretasie en implementering
  • Praktiese riglyne vir die toepassing van kurrikulumplanne as onderwyspraktyk

Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk is bedoel vir onderwysers in die Algemene Onderwys en Opleiding (AOO) en die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) sektore.

Prof. Elize du Plessis het 'n DEd kwalifikasie en 25 jaar ervaring in afstandsonderrig. Sy is tans medeprofessor in die Departement Kurrikulum- en Onderrigstudies by UNISA en is betrokke by kurrikulumontwikkeling in die Skool vir Onderwysersopleiding. Sy het bydraes gelewer tot verskeie boeke en joernale en het referate op nasionale en internasionale kongresse gelewer. Sy is medeskrywer van die Engelse uitgawe van hierdie boek, Curriculum studies: development, interpretation, plan and practice, saam met dr. Celia Booyse.

Dr. Celia Booyse het 'n DEd in didaktiek met verdere spesialisering in onderrigwetenskap en assesseringspraktyk. Sy is tans 'n bestuurder in die eenheid vir Kwalifikasie, Kurrikulum en Sertifisering by Umalusi. Sy spesialiseer in benaderings tot die kurrikulum, die ontwikkeling en analise van kurrikulum, die toepassing van tipologieë en effektiewe onderrig-, leer- en asseseringspraktyke. Sy is 'n ervare ontwerper van kursusmateriaal en indiensopleier van onderwysers.

Woutje Bron het 'n MEd in kurrikulumstudies. Sy het 20 jaar onderwyservaring in die Grondslagfase en die Intermediêre fase asook 12 jaar ervaring in die oplei van onderwysers. Sy is tans kurrikulumkoördineerder by Aros, met 'n sterk belangstelling in die insluit van waardes in die kurrikulum.


We Also Recommend