Hierdie opwindende reeks vir eerste addisionele taal-leerders van Afrikaans is volledig herwerk om te voldoen aan die hersiene kurrikulumverklaring en bevat 'n verskeidenheid interaktiewe materiaal om leerders te boei. Die aktiwiteite in Kaperjol Graad 7 leerdersboek is rondom woordspeletjies, aksieliedjies, rympies, strokies en ander interessante brokkies gebou om te verseker dat die leerders nooit 'n vervelige oomblik in die klas beleef nie. So word die ses leeruitkomste vir die leerarea tale (Luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en taalstruktuur en -gebruik) op 'n geintergreerde wyse ontwikkel. In hierdie uitgawe is meer aandag aan Leeruitkoms 6 (Taalstruktuur en -gebruik), met 'n deeglike uiteensetting van taalreels en -konstruksies agter in die boek. Kleurvolle en humorisities voorstellings verseker nie net dat visuele geletterheid aangemoedig word nie, maar bevorder ook kritiese denke en redeneervaardighede op 'n prettige wyse. Die Kaperjol Graad 7 leerderboek bied 'n prettige aan