Menu
Cart 0
Jangroentjie (Skooluitgawe)

Jangroentjie (Skooluitgawe)

  • R 170.00
  • Save R 30


Jangroentjie is 'n verhaalbundel wat veral bedoel is vir gebruik deur Afrikaanssprekende leerlinge tot ongeveer standerd agt. Dit wil hulle voorberei op die soort eis wat gestel sal word tydens die laaste twee jaar van die Senior Sekondêre kursus. Die werk wil hierdie voorbereiding op so 'n natuurlike en gesonde wyse moontlik probeer aanhelp, en gevolglik is literêre terminologie in die besprekings tot 'n minimum beperk. Eerder as om die leerlinge met 'n oormaat letterkundige begrippe te belas, word die lesers deur middel van 'n aantal vrae op die teks af daartoe gebring om hul deeglik rekenskap te gee van die verhale wat hulle lees. Die waarde van hierdie benaderingswyse tot die letterkundeonderwys word vandag al hoe meer besef: dit lei die leerlinge deur selfontdekking tot 'n begrip van die teks deurdat dit hulle help om denkend en begrypend te lees, terwyl die blote memorisering van onbenullige besonderhede uitgeskakel word. Die reeks vrae is bedoel om mondeling behandel te word

We Also Recommend