Menu
Cart 0
In Opleiding: Dokter

In Opleiding: Dokter

  • R 160.00
  • Save R 5


Leer hoe om ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks!

 

Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou.

Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe!

Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie.

Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika.

Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red.

Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.