Menu
Cart 0
Gezina En Die Bruin Wind

Gezina En Die Bruin Wind

  • R 219.00
  • Save R 10


"Dis Gina, Ouma, nie Gezina nie - Gina," dring Bokkie aan toe Ouma grootjie kom kuier. Gina wou glad nie Gezina Hephziba genoem word nie, maar dit was voordat sy geweet het hoeveel moed en pyn daar in elke letter van haar naam ingeweef is - voordat sy geweet het van die bruin wind... Dit was die broosheid van haar ontluikende gevoel vir Oliver wat gemaak het dat Gina die aand een kon word met Oumagrootjie se ontroerende verhaal van Gezina du Toit en Philip le Roux, Mattie en die Engelsman, en Mamma en Lena, ja, Lenatjie - en die bruin wind... Toe eers kon Gina die lyding en ontbering in die konsentrasiekampe verstaan en bewys raak van die versoenbaarhied van tye en volkere, lewe en dood en weet dat sy deel is daarvan - en dat sy omgee. Dit is in haar bloed en weefsels - vir altyd.