Geheim Van Die Reenwoud
Geheim van die Reënwoud is 'n roerende verhaal waarin mens en natuur so onlosmaaklik aan mekaar verbonde is, en tog so vernietigend op mekaar inwerk, dat die leser verskeurd raak in sy lojalitiet - deel word van die mistieke reënwoud waarin teerhied, geweld, humor en hartseer in 'n volmaakte ewewig is. Voordat Kleinsaag gekom het, het ou Sagarias alleen in sy grashut diep in die reënwoud op die stukkie niemandsland langs die spoorlyn gewoon. Hy glo as 'n mens niks het nie, kan jy ook niks verloor nie. Dan bring die man wat Maria van hom af weggeneem het, haar kind vir hom. En saam met die reenwoud word hierdie kind vir sy oupa die lewe. Dit is egter nie net Saag wat sy intrek by ou Sagarias neem nie, maar ook Lekoya, die bosvarkbeertjie, Spook, Bokkie en die nagaap. Stientjie van die bosboustasie neem ook haar intrek - in Saag se hart.