
Fonetiek
Fonetiek (2018) is ’n verbeterde, bygewerkte uitgawe van die vierde uitgawe van Fonetiek (1988). Soos sy voorganger stel dié boek beginners in staat om fonetiek maklik en vinnig te bemeester. Daar is egter genoeg stof en bronverwysings om ook die meer gevorderde gebruiker te prikkel. Fonetiek is veral praktykgerig. Dit bied insig in die klanke en die klanksisteem van Afrikaans, asook in die wyse waarop dit verskil van die klanke en klanksisteme van Engels en ander Suid-Afrikaanse tale. Die nut van fonetiese transkripsies by lemmas in woordeboeke word uitgelig.
Die optekening en beskrywing van werklike uitspraak met behulp van fonetiese tekens is onontbeerlik vir taalnavorsing, veral vir die optekening van streeks- en sosiale variëteite en die uitspraak van sprekers van ander tale vir wie Afrikaans nie ’n huistaal is nie.
ISBN: | 9780627035845 |
Author(s):
|
Coetzee AE |
Variant:
|
Printed |
Van Schaik Publishers | |
Edition: | 5th Edition |
Pages: | 176 |
Published: | 2018 |
We Also Recommend