Menu
Cart 0
Finansiele Bestuur in Openbare Skole: 'n Praktiese handleiding vir wetsvoldoening (2018)

Finansiele Bestuur in Openbare Skole: 'n Praktiese handleiding vir wetsvoldoening (2018)

  • R 409.00
  • Save R 41


About this Publication:

Elke sent tel in die onderwys! Uitgawes moet bestuur en inkomste moet uitgebou word binne die raamwerk van ’n magdom onderwyswette, -regulasies en -beleide. Dus bly die bestuur van finansies in openbare skole ’n reuse-uitdaging vir die meeste betrokkenes by die onderwyssektor.

Die doel van Finansiële Bestuur in Openbare Skole is om ’n oorsig te bied van die belangrikste wetgewing oor skoolfinansies, en om die praktiese implikasies daarvan te verduidelik. Die boek behandel die kerngebiede van die raamwerk van finansiële bestuur in openbare skole en dien as ’n praktiese handleiding vir beheerliggaamlede, skoolhoofde en finansiële beamptes by skole, terwyl onderwysamptenare, regspraktisyns, rekenmeesters en ouditeure in ’n raadgewende hoedanigheid dit ewe nuttig sal vind.

Met bydraes deur bekende praktisyns op die terrein van skoolbeheer en finansies bied Finansiële Bestuur in Openbare Skole waardevolle praktiese advies oor die bestuur van finansies in openbare skole.

Contents Include:

  • Regsraamwerk vir openbare skole inleiding
  • Rolspelers in finansiële bestuur inleiding
  • Basiese finansiële bestuur en boekhouding
  • Finansiële verslagdoening en toesig
  • Die begrotingsproses
  • Skoolgeld: vasstelling, vrystelling en invordering
  • Risikobestuur en -beheer
  • Beste praktyke — King-beginsels in openbare skole
  • Tegnologie en finansiële bestuur
  • Statute
  • Regspraak
  • Bykomende aanbevole leesstof
  • Indeks
  • Afkortings en akronieme

Of Interest and Benefit to:

  • Beheerliggaamlede
  • Skoolhoofde
  • Finansiële beamptes
  • Onderwysamptenare
  • Regspraktisyns
  • Rekenmeesters en ouditeure

We Also Recommend