Menu
Cart 0
Die Dramateks - 'n handleiding

Die Dramateks - 'n handleiding

  • R 395.00


Hoe ontleed ons 'n drama? Hoe benader ons die feit dat 'n drama meestal geskryf is om opgevoer te word? Watter invloed het die opvoeringsgerigtheid van 'n drama op aspekte soos die karakters, die tyd en ruimte, asook die drama se struktuur?

Hierdie vrae en meer word in Die dramateks: 'n handleiding op 'n eenvoudige en toeganklike wyse beantwoord. Die dramateks gee sowel 'n basiese inleiding tot die moderne dramateorie as praktiese riglyne oor hoe om 'n dramateks te analiseer, en is 'n nuttige gids vir beide dosente en studente. Die teorie word deurgaans verduidelik en geillustreer aan die hand van voorbeelde uit meer as dertig bekende Afrikaanse dramas.

 

ISBN: 9780627022043
Author(s):
Keuris M
Variant:
Printed
Van Schaik Publishers 
Edition: 1st Edition
Pages: 104
Published: 1996