Die diere kom help: Onderwysersgids
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Die Onderwysersgids sluit in:
- ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
- ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
- Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
- Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
- Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
We Also Recommend