Menu
Cart 0
Altyd Net Jy

Altyd Net Jy

  • R 95.00
  • Save R 30


Sy's die soort magic waarmee jy trou! Leah het Max ontmoet toe sy 10 jaar oud was en iets het op daardie oomblik met haar gebeur. Op haar agtiende verjaarsdag soen hy haar, maar toe sy hom die volgende oggend gaan soek, help hy 'n ander vrou in 'n motor. Nou, tien jaar later, word sy gevra om 'n onderhoud met die wêreldbekende Max Campbell te voer. Vir die eerste keer gaan hulle weer alleen in 'n vertrek wees. Maar dit behoort nie saak te maak nie, of hoe? Sy is mos lankal oor hom. Die oomblik toe Max vir Leah op haar agtiende verjaarsdag soen, het hy geweet dis 'n fout. Die intense emosies wat hy ervaar het, is tog nie volhoubaar nie. Hy besef dié tipe liefde kan hom vernietig - hy wil tog nie soos sy ma opeindig na sy pa haar vir sy sekretaresse gelos het nie! Daarom sê hy niks oor die model wat hy in die taxi gehelp het nie.

We Also Recommend