Menu
Cart 0
Moedertaalonderrig en taalaktivisme in Suid-Afrika : Analise van gedrukte mediadekking tussen 2006 en 2010 (Paperback / softback)

Moedertaalonderrig en taalaktivisme in Suid-Afrika : Analise van gedrukte mediadekking tussen 2006 en 2010 (Paperback / softback)

  • R 290.00
  • Save R 10


Wat behels moedertaalonderrig, en hoe raak die toepassing daarvan die Suid-Afrikaanse samelewing? Wat gebeur as daar probeer word om dit te verhinder? 'n Uiters belangrike narratief oor skooltaalvoorkeur het hom tussen 2006 en 2010 in Suid-Afrika afgespeel. Hierdie gebeurtenisse het diep in die Suid-Afrikaanse onderwys- en taalwereld ingesny, en ook in die buiteland belangstelling gelok. Die koerante het volledig daaroor berig: oor die hofsake, die skoolhoofde, die skole, ouers en die leerders. Maar hoe gemaak as onderwyskundiges, sosiolinguiste, taalbeplanners, taalhistorici en vaklui van aansluitende dissiplines later die punte van hulle vingers op die besonderhede van daardie gebeurtenisse wil le? Hierdie werk vertel wat gebeur het. Oor die problematiek wat die kwessies onderle, met die besonderhede van die uitspeel daarvan tydens daardie periode. Die gebeurtenisse en die strominge daaronder is deeglik bymekaargebring, gebruikersvriendelik georden, en objektief en insiggewend geinterpreteer en ontleed. Inderdaad 'n noemenswaardige bydrae tot die bestudering van moedertaalonderrig in Suid-Afrika. Christo van Rensburg Taalhistorikus, Noordwes-Universiteit.

We Also Recommend