Menu
Cart 0
Menslike Hulpbronbestuur in Openbare Skole: ‘n Praktiese Handleiding, 1st edition

Menslike Hulpbronbestuur in Openbare Skole: ‘n Praktiese Handleiding, 1st edition

  • R 632.00


Product Details:

Author(s): Deacon, J
Page count: 318
ISBN: 9781485133551
Languages(s): Afrikaans,
Year Published: 2019
Categories: Education Law, Law, Law, Law,
Type: Print

About this publication

Die bestuur van ‘n skool in al sy fasette is ’n reusetaak, en indien sake in die personeelkamer skeefloop, is daar ’n sterk moontlikheid dat die instelling een van die tragiese statistieke oor wanfunksionele skole kan word.

Die McKinsey-verslag oor wêreldonderwysstelsels het getoon dat ’n onderwysstelsel in ’n betreklik kort tydperk omgekeer kan word indien die volgende personeelverwante pogings gebeur:

  • Kry die beste mense om klas te gee;
  • Ontwikkel daardie mense om doeltreffend klas te gee;
  • Stel die nodige stelsels en ondersteuning in om te sorg dat elke kind baat vind by doeltreffende onderrig.

Die doel van hierdie boek is om ’n oorsig te bied van die belangrikste wetgewing wat skole op dié gebied raak, sowel as om die praktiese implikasies daarvan te verduidelik. Skoolhoofde moet met drie verskillende stelle wetgewing werk om die verskillende kategorieë werknemers by die skool te bestuur. Dié boek probeer daarom die belangrikste gebiede van menslikehulpbronbestuur in openbare skole te dek.

Geskryf deur ’n bekende outeur en praktisyn op die terrein van skoolbeheer en -bestuur, bied die boek waardevolle praktiese advies oor die bestuur van menslike hulpbronne in openbare skole.

Content

  • Voorwoord – Me Ella Mokgalane 
  • Voorwoord – Jaco Deacon
  • Hoofstuk 1: Die regsraamwerk vir die aanstelling en bestuur van personeel in openbare skole
  • Hoofstuk 2: Die aanstellingsproses vir departementele personeel
  • Hoofstuk 3: Die aanstellingsproses vir ’n skoolhoof
  • Hoofstuk 4: Die aanstelling van bykomende personeel
  • Hoofstuk 5: Diensvoorwaardes
  • Hoofstuk 6: Posklassifikasie en vergoeding
  • Hoofstuk 7: Permanente aanstellings en vastetermynaanstellings
  • Hoofstuk 8: Dissipline in die werkplek
  • Hoofstuk 9: Swak werkprestasie
  • Hoofstuk 10: Geskilbeslegting
  • Hoofstuk 11: Wyse woorde
  • Bylae A: The Code of Professional Ethics of the South African Council for Educators

Interest / Benefit to

  • Beheerliggaamslede
  • Skoolhoofde
  • Personeelbeamptes by skole
  • Onderwysamptenare
  • Regspraktisyns
  • Rekenmeesters en ouditeure

We Also Recommend