Menu
Cart 0
Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

  • R 259.50
  • Save R 28


Piekfyn Afrikaans Graad 8 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 9.

Die aktiwiteite is gerig op die leer van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaans taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkosin ’n neutedopTaalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel.


We Also Recommend