
Bladsak – ’n Geïntegreerde taalteks Eerste Addisionele Taal Onderwysergids Gr. 11 + CD
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan, wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik, die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.
We Also Recommend