Piekfyn Afrikaans Graad 6 Eerste Addisionele Taal Leesboek
n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste Addisionele Taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat kort dramas om in groepverband te gedigte om te lees. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale en media tekste wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: geformuleer is; toeligting by moeiliker tekstel woordverklarings vir komplekse woorde; die stappe van die leesproses; antwoorde op alle vrae is gratis (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
We Also Recommend