Menu
Cart 0
NumberSense / Getalbegrip Werkboek 08

NumberSense / Getalbegrip Werkboek 08

  • R 52.00
  • Save R 8


Wiskunde gaan oor getalle. Om wiskunde te waardeer moet jy met gemak met getalle kan omgaan. Een van die kenmerke van mense wat beter met wiskunde as ander is, is hulle vermoë om op 'n soepel wyse met getalle te werk. Ons sê hulle het 'n sterk getalbegrip. Hiedie werkboek reeks is ontwerp om die ontwikkeling van 'n sterk getalbegrip te ondersteun. Die reeks werkboeke gee nie aandag aan al die vertakkinge van wiskunde nie. Dit fokus op die ontwikkeling van 'n sterk getalbegrip - 'n aspek wat krities is vir algemene sukses in wiskunde. Die reeks verskaf 'n bladsy -per-dag met aktiwiteite waaraan kinders onafhanklik behoort te kan werk. Die verskeidenheid van die aktiwiteite is breed en interessant. Gesamentlik versterk hulle die ontwikkeling van 'n wye veld van konsepte en vaardighede kenmerkend van mense met 'n sterk getalbegrip.
Die werkboekreeks kan by die daaglikse klaskameraktiwiteite geïnkorporeer word; kan vir daaglikse onafhanklike werksessies gebruik word; kan 'n daaglikse tuiswerkopdrag verskaf en kan ook gebruik word om die selfvertroue van kinders wat met wiskunde sukkel te ontwikkel.
Om optimale voordeel uit die werkboekreeks te put is dit krities dat hulle aangemoedig word om oor die take wat hulle voltooi na te dink. Onderwysers (en ouers) behoort vrae te vra soos:
Het jy iets opgemerk terwyl jy aan die take gewerk het?
Wat het jou gehelp om die vraag te beantwoord?
Hoe is hierdie aktiwiteit verskillend van of dieselfde as ander aktiwiteite wat jy reeds voltooi het?
Hierdie is boek 4 van 4 vir Graad 2.

We Also Recommend