
"Via Afrika Afrikaans Huistaal Intermediêre Fase Gevlakte Leesboek 33: Natuurrampe (Printed book.)"
Via Afrika se Intermediêre Fase Gevlakte Leesskema bestaan uit 36
leesboeke wat so ontwikkel is dat dit aan die leerder ‘n verskeidenheid
leesteks bied, wat toenemend meer ingewikkeld raak soos die reeks
vorder. Die gevlakte leesboeke kan in drie kategorieë geplaas word:
Fiksie, Nie-Fiksie en Fiksie met feite. Volkleur illustrasies en hoogs-
interessante onderwerpe sal verseker dat die leerders deelneem en
leesvaardighede ontwikkel. Vrae aan die einde van elke verhaal kan
gebruik word as groepsbesprekings om te verseker dat die leerders
verstaan wat hulle gelees het.
Die Via Afrika Intermediêre Fase Gevlakte Leesboeke word in drie
grade verdeel:
Leesboeke 1 tot 12 vir Graad 4;
Leesboeke 13 tot 24 vir Graad 5;
Leesboeke 25 tot 36 vir Graad 6.
Hoewel, sommige leerders sal moontlik die leesboeke van ‘n hoër of
laer graad verkies omdat dit beter by hulle leesvaardigheid pas.
We Also Recommend