Menu
Cart 0
Oxford Storieboom Fase17 Leesboek 2 Leesboek 2

Oxford Storieboom Fase17 Leesboek 2 Leesboek 2

  • R 237.95
  • Save R 20


Die Oxford Storieboom Fase 17 Leesboek 2 bevat eietydse leestekste vir leerders in die Intermediêre Fase. Nuwe stories en gedigte is spesiaal vir die Storieboom-leser geskryf deur gevierde Afrikaanse skrywers soos Marita van der Vyver, François Bloemhof, Philip de Vos en Carina Diedericks-Hugo.

¹n Groot verskeidenheid tekste is gebruik. Dus kan elke kind, ongeag vermoë en leesvaardigheid, die boek ten volle benut.

Die vertrekpunt van alle tekste is die Suid-Afrikaanse kind en sy of haar verwysings teen die agtergrond van ¹n vinnigveranderende wêreld. Afrikaans in dié boek praat padlangs, nogtans getuig elke bladsy van gehalte-taalonderrig. Woordverklarings en taalwenke word deurgaans gebruik. Humor is ¹n belangrike deurlopende komponent van die bundel, terwyl somberder Suid- Afrikaanse werklikhede kindervriendelik en toeganklik aangebied word. En met die hulp van interessante brokkies uit koerante word die gang van ¹n groter wêreld, buite die landsgrense, ook vir die jong leser o ntsluit.

Die bundel is byeengebring deur die bekroonde skrywer Rachelle Greeff.

Features

  • Benewens kortverhale en stories is daar ook:
  • gedigte en limericke
  • kort, prettige koerantberiggies wat die kinderverbeelding aangryp
  • dokumentêre, nie-fiktiewe bydraes
  • ¹n strokiesprent en ¹n resep
  • fabels, legendes en sprokies.

We Also Recommend