Kommunikasie in Afrikaans Vlak 3 Workbook
Die materiaal is noukeurig ontwerp en in lyn gebring met die nuutste eenheidstandaarde soos uiteengesit deur die Suid-Afrikaanse Kwalifi kasie-owerheid (SAQA) vir Volwasse Onderwys en Opleiding (OOV).
Kommunikasie in Afrikaans Vlak 3 bestaan uit ’n Werkboek (aktiwiteite ingesluit) en ’n Gids vir Fasiliteerders. Hierdie Werkboek is verdeel in modules, en elke module dek ’n eenheidstandaard. Spesifi eke uitkomste vir elke eenheidstandaard is verdeel in goed geïllustreerde, interaktiewe lesse wat die vaardighede van lees, skryf en praat in Afrikaans ontwikkel.
Aan die einde van elke module is daar ’n oefening in selfassessering.
Die Gids vir Fasiliteerders sluit in rubrieke, ’n voorbeeld van ’n lesplan, addisionele notas vir die fasiliteerder en antwoorde op die aktiwiteite in die werkboek.

Om verder bystand met OOV-studies te gee, bied hierdie boek ook die volgende:
- Leerders kan die kontrolelyste gebruik om hul prestasie te meet.
- Daar is baie relevante aktiwiteite wat die leerders se nuut ontwikkelde lees- en skryfvaardighede ontwikkel.
- Die relevante onderwerpe is gebaseer op situasies in die regte lewe.
- Dit is geskryf in ’n styl wat maklik is om te volg sodat al die leerders die materiaal kan verstaan.
We Also Recommend